Verlief op jou

Ek wens alles kan terug gaan.

Terug gaan soos dit was.

Net ek en jy in die Afrikaanse klas

Daar waar ons langs mekaar sit:

Ons antwoorde uitruil,

kyk wie is eerste klaar,

grappe vir mekaar vertel,

ek wat vra om jou pen te leen,

net sodat ek jou hand kan aan raak.

Elke dag vir jou in die klas gekyk

Gedink sal jy ooit myne wees.

Voel jy soos ek voel.

Ek wat nie kan wag om jou:

Glimlag te sien jou stem hoor

Om in jou oe te kyk

Te weet die gevoel sal nooit verdwyn.

Die eerste keer dat ek in jou oe gekyk het

Het ek geweet ek is verlief op jou.

Nooit het ek geweet

Dit gaan so baie seer veroorsaak.

Drie

Jaar

Later

En ons is apart van mekaar.

Sien mekaar nie meer nie

Ek is nog steeds verlief op jou

Ek hoor nie meer jou stem nie

Ek sien nie meer jou glimlag nie

Dit maak seer.

Ek mis jou.



Indeks van digters

(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za) Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.



Lewer kommentaar

Leave a Reply