Kieslys

Close


*/

24 Julie
2009
Gedigte
4546 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Gedigte van Tanja Marx

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za

Spieëlbeeld

Jou oë
weerspieël
‘n hartverskeurende verhaal.

Ek sien –
Twee gebreekte vensters.

Glasskerwe,
glinster in die ongenaakbare son.

Intense pyn,
het grou skaduwees
op jou siel ingebrand

Hartseer,
het diep, donker
voetspore gelos.

Silwer traandruppels,
verdrink gillend in jou hulpelose oë.

Pikswart,
is die sluier
wat oor jou oë sak.

Ek weet –
binne jou
Hart is ‘n eindelose geveg…

Spyt en verwyt,
Soveel onbeantwoorde vrae
(Wat jy elke liewe dag binne jou moet dra.)

My hart
Krimp pynvol ineen

Vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde –
Sien ek my spieëlbeeld weerloos in jou oë staan!

Ritmies

Die lewe –
Se ritme
Bruis en borrel
In my smeulende bloed

My vurige –
Hartklop ekstaties
My oë ‘n sterrestelsel
Skyn met Hoop en Afwagting

Ek lewe –
Ek lag
Ek huil

Smag na –
Ware geluk
Passievolle liefde
Totale vervulling

Ligvoets –
Dans ek op
My unieke menswees
Sing saam uit volle bors!

Ek weet –
Wat ek weet,
Wat ek weet!

Ek lewe vir –
Gister
Vandag
Môre!

OVERDOSE.”

Kleur Kaleidoskoop
van ‘n onvoorspelbare lewe

Vee uit
Die grys – Die swart

Ek’s gatvol vir
somber – morbiede kleure

Ek staan in die ry
saam menigte siele

Kosbare preskripsie
vasgeklem in my hand

Overdose my asseblief
op “Happiness” en Liefde!

Gewonne Stryd?

Weemoed –
kleef aan jou siel
Vreet aan jou soos
‘n dodelike kanker.

Donkerte –
Vou om jou hart
Jy versmoor stadig
in jou eindelose smart.

Pyn –
Gee geboorte
oor en oor.

Stilweg wonder ek-
Gaan jy hierdie stryd verloor?

Liefdeloosheid

Die vlam
van liefde
staan buite in die koue.

Veg
heldhaftig teen
die ongenaakbare elemente.

Dooie
liefdes rituele
sweef spookagtig om ons rond.

Maar –
Hoop flikker
in ons harte.
Ontelbare siele
hunker na die goue morestond.

Liefdeloosheid
sit op sy ysige troon.
‘n Gewentenlose skerpskutter.

Wagtend,
smagtend,
so geduldig.

Een doel voor oë –
Om liefde se vlammetjie te vermoor!

Gryswit As

Stil,
verwese,
is jou hart.
Verskuilde pyn
dwaal droewig rond.
Donker, verlate, kamers
grynslag genadeloos vir jou.

Jou uiterlike verbloem –
Die kloppende seer.
Heldhaftig (Naief)
dra jy Harlekyn se masker.

Onbewustelik
raak jy verstrengel
in dodelike ysterkettings.

Pynvolle herinneringe
is soos vuurwarm kole.
Los groteske letsels
op jou siel se wankelrige deur.

‘n Gekwesde innerlike
kruip rond op die grond
Weemoedige trane spat
teen die gekraakte ruite.

Die barmhartige son
word toegevou deur
psigotiese onweerswolke.
Jou hulpkreet weergalm!
Raak verlore tussen die
onbelangstellende skare.

Onhoorbaar is jou roep
Afwesig ‘n vertroostende hand
Geen siel om jou halfpad te ontmoet nie.

Stadig –
maar seker disintegreer jy.

Vorm gryswit as
teen depressie se jas.

Dis Verby!

Ontelbare leuens …
‘n See gevul met oneerlikheid
(Het jy elke liewe dag oor my gestort!)

Ondeursigbaar was
jou front voor ander mense
(Jy was altyd die galante heer!)

By die huis het jy ‘n
metamorfose ondergaan
Telkemale het ek jou gesien
(Verander in ‘n geweldadige monster!)

Jou oë het verander na pikswart poele
(Kwetsende woorde het soos sweephoue neer gereën!)

Benoud het ek
na my asem gesnak –
(Toe jy jou vuis in my maag inplant!)

Swart-pers
was jou vingerafdrukke op my bo-arm
(‘n Prentjie van jou geweld en aggressie!)

Skelrooi letsels
het jy in my siel ingebrand
Naief het ek gehoop –
(Dat jy met tyd sou verander!)

Elke aand gebid vir

Leiding
Krag
Wysheid

My antwoord het ek gekry
Groot was die skok
(‘n Bittere Ontnugtering!)

Vanaand bid ek weer
(Dank my Hemelse Vader!)

Die lyding is verby
(Jy is nie meer by my nie!)

Onverwerkte seer

Menigte harte
Het jy vol verdriet ingespuit

Jou eie
Vlees en bloed
In die proses te na gekom!

Soveel –

Onnodige pyn
Soveel hartseer
Soveel trane …

Nooit sal ek
Dit kan verstaan nie

Jou dade – Jou woorde
(So onvoorspelbaar!)
Niks maak sin nie

Hier in my
Binneste skreeu dit –
Hoe kon jy dit doen?

In die middernagtelike ure
Lê ek met kolkende emosies

Daar is soveel
Onbeantwoorde vrae

Ek dink aan jou kinderdae
En
Ek dink aan jou lewenspad

Stilweg wonder ek –

Is jou
Dade dalk
Die resultaat
Van al jou onverwerkte seer?
(Waarvoor – onskuldige mense – voor moet boet!)

Genadeloos!

Sieldodende
pyn sit soos ‘n roofdier
in die middel van my verskrikte siel

Sy
vlymskerp kloue
verskeur die ragfyn drade

Hulpeloos
krimp ek ineen

Met
bloedbelope oë
gluur hy venynig na my seer

Grom – Brul
soos ‘n besetene

Brutaal slaan
hy sy twee slagtande in

‘n Gil
ontsnap
oor my kurkdroeë lippe

Skokgolwe
skiet deur my

Trane stroom
oor my wange

Wreedaardig
begin hy te kou

Stadig skeur hy
stukkie vir stukkie

Verlammende pyn
spoel deur my wese

Bloeiend
kyk ek na hom

Pleit – Smeek
dat hy asseblief moet stop!

Maar daar
is geen genade nie!

Emosieloos

Gisteraand het
ek van jou gedroom

Ontsteltenis was
orals op my gelaat ingekerf

Histerie het in my
stem rond gedans

Ek wou by jou weet:
“Hoe kon jy dit doen?”

Naarstiglik gesoek na
‘n Rede – ‘n Verduideliking

Jy het net
stip na my gekyk

Die klank van
jou stem was afwesig
Jou mond het nie
‘n enkele woord gevorm nie.

Geskok –
het ek na jou gekyk
Ongeloof in my traangevulde oë

Met ‘n ruk het ek wakker geskrik

‘n Ontstellende droom –
gekoppel aan die realiteit

Al wat ek verseker weet –
Jou emosielose gesig
sal elke aand by my spook!

Die Sandkorrel

Sonstrale
gly verleidelik oor my
Koel seewater
spoel sagkens oor my

Skielik –
Trap ‘n
onbedagsame
voet op my

Kreunend
sak ek dieper tussen
ontelbare sandkorrels in

Geniepsig
Druk, Stamp
en stoot hul aan my

Ek beur vorentoe
Hunkerend na ligstrale

Ek moet hier uit –
Voel soos ‘n gevangene

Ek tuur na
die blou hemelruim
Seemeeue sweef
sorgeloos rond

Hardop
smeek ek
vir bevryding

Maar my stem –
raak verlore in
‘n see van sand!

Ritmies

Die lewe –
Se ritme
Bruis en borrel
In my smeulende bloed

My vurige –
Hartklop ekstaties
My oë ‘n sterrestelsel
Skyn met Hoop en Afwagting

Ek lewe –
Ek lag
Ek huil

Smag na –
Ware geluk
Passievolle liefde
Totale vervulling

Ligvoets –
Dans ek op
My unieke menswees
Sing saam uit volle bors!

Ek weet –
Wat ek weet,
Wat ek weet!

Ek lewe vir –
Gister
Vandag
Môre!

Emosieloos

Gisteraand het
ek van jou gedroom

Ontsteltenis was
orals op my gelaat ingekerf

Histerie het in my
stem rond gedans

Ek wou by jou weet:
“Hoe kon jy dit doen?”

Naarstiglik gesoek na
‘n Rede – ‘n Verduideliking

Jy het net
stip na my gekyk

Die klank van
jou stem was afwesig
Jou mond het nie
‘n enkele woord gevorm nie.

Geskok –
het ek na jou gekyk
Ongeloof in my traangevulde oë

Met ‘n ruk het ek wakker geskrik

‘n Ontstellende droom –
gekoppel aan die realiteit

Al wat ek verseker weet –
Jou emosielose gesig
sal elke aand by my spook!

Onverwerkte seer

Menigte harte
Het jy vol verdriet ingespuit

Jou eie
Vlees en bloed
In die proses te na gekom!

Soveel –

Onnodige pyn
Soveel hartseer
Soveel trane …

Nooit sal ek
Dit kan verstaan nie

Jou dade – Jou woorde
(So onvoorspelbaar!)
Niks maak sin nie

Hier in my
Binneste skreeu dit –
Hoe kon jy dit doen?

In die middernagtelike ure
Lê ek met kolkende emosies

Daar is soveel
Onbeantwoorde vrae

Ek dink aan jou kinderdae
En
Ek dink aan jou lewenspad

Stilweg wonder ek –

Is jou
Dade dalk
Die resultaat
Van al jou onverwerkte seer?
(Waarvoor – onskuldige mense – voor moet boet!)

Dis Verby!

Ontelbare leuens …
‘n See gevul met oneerlikheid
(Het jy elke liewe dag oor my gestort!)

Ondeursigbaar was
jou front voor ander mense
(Jy was altyd die galante heer!)

By die huis het jy ‘n
metamorfose ondergaan
Telkemale het ek jou gesien
(Verander in ‘n geweldadige monster!)

Jou oë het verander na pikswart poele
(Kwetsende woorde het soos sweephoue neer gereën!)

Benoud het ek
na my asem gesnak –
(Toe jy jou vuis in my maag inplant!)

Swart-pers
was jou vingerafdrukke op my bo-arm
(‘n Prentjie van jou geweld en aggressie!)

Skelrooi letsels
het jy in my siel ingebrand
Naief het ek gehoop –
(Dat jy met tyd sou verander!)

Elke aand gebid vir

Leiding
Krag
Wysheid

My antwoord het ek gekry
Groot was die skok
(‘n Bittere Ontnugtering!)

Vanaand bid ek weer
(Dank my Hemelse Vader!)

Die lyding is verby
(Jy is nie meer by my nie!)

Gryswit As

Stil,
verwese,
is jou hart.
Verskuilde pyn
dwaal droewig rond.
Donker, verlate, kamers
grynslag genadeloos vir jou.

Jou uiterlike verbloem –
Die kloppende seer.
Heldhaftig (Naief)
dra jy Harlekyn se masker.

Onbewustelik
raak jy verstrengel
in dodelike ysterkettings.

Pynvolle herinneringe
is soos vuurwarm kole.
Los groteske letsels
op jou siel se wankelrige deur.

‘n Gekwesde innerlike
kruip rond op die grond
Weemoedige trane spat
teen die gekraakte ruite.

Die barmhartige son
word toegevou deur
psigotiese onweerswolke.
Jou hulpkreet weergalm!
Raak verlore tussen die
onbelangstellende skare.

Onhoorbaar is jou roep
Afwesig ‘n vertroostende hand
Geen siel om jou halfpad te ontmoet nie.

Stadig –
maar seker disintegreer jy.

Vorm gryswit as
teen depressie se jas.

Genadeloos!

Sieldodende
pyn sit soos ‘n roofdier
in die middel van my verskrikte siel

Sy
vlymskerp kloue
verskeur die ragfyn drade

Hulpeloos
krimp ek ineen

Met
bloedbelope oë
gluur hy venynig na my seer

Grom – Brul
soos ‘n besetene

Brutaal slaan
hy sy twee slagtande in

‘n Gil
ontsnap
oor my kurkdroeë lippe

Skokgolwe
skiet deur my

Trane stroom
oor my wange

Wreedaardig
begin hy te kou

Stadig skeur hy
stukkie vir stukkie

Verlammende pyn
spoel deur my wese

Bloeiend
kyk ek na hom

Pleit – Smeek
dat hy asseblief moet stop!

Maar daar
is geen genade nie!

Die Tuin

Alleen –
Dolwe ek
In droeë grond

Opsoek –
Na lewe
Na hoop!

Verlepte plant
Hunker na reën!

Dooie sade
Lê in hul vlak graf

Doodstil
was hul groet.

Moedeloos
kyk ek op:

Blou is
die hemel

Sonstrale skroei
Op ons neer

En Ek sug!

Die vlek

Jou leuens
vorm ‘n rooi
vlek op jou gesig

Ek kyk
stip daarna

Die
vlek word
rooier
bloedrooi
skelrooi –

Jy sien
dit nie raak
Is jy blind?

Elke dag
word die vlek
al hoe groter

Hulpeloos
kyk ek toe

Dit groei
en groei …

Dit vreet
aan jou vlees

en

Dit vreet
aan my siel –

Hoe lank
kan ek dit nog verduur!

Soveel leuens …
Soveel oneerlikheid …

Ek kyk
weer na jou

en

Om my
vorm ‘n
ondeurdringbare muur.

Groen Gras

Verwoed
sny ek aan
die lang, groen gras.

Dit word –

Korter
Korter
Korter!

Uitasem –
kyk
ek daarna.

Sorgvuldig
skraap ek
dit bymekaar.

Gooi
dit eenkant.

Na
‘n wyle
vorm dit ‘n
verrottende hoop.

Herinneringe –
aan
mislukte liefde.

Stille Verwondering

Sterre
vorm ‘n
skitterende raam
om jou dierbare gelaat

In
liefdeskleure staan
jy voor my getooi
Warm is die glans
wat jou oë uitstraal

Uitbundig –
die lied in my hart!

Jou hande
streel sagkens
oor die verskuilde smart

In stille
verwondering
staan ek voor jou

O – die liefde
is ‘n kosbare skat!

Liefdeloosheid

Die vlam
van liefde
staan buite in die koue.

Veg
heldhaftig teen
die ongenaakbare elemente.

Dooie
liefdes rituele
sweef spookagtig om ons rond.

Maar
Hoop flikker
in ons harte.
Ontelbare siele
hunker na die goue morestond.

Liefdeloosheid
sit op sy ysige troon.
‘n Gewentenlose skerpskutter.

Wagtend,
smagtend,
so geduldig

. Een doel voor oë –
Om liefde se vlammetjie te vermoor!

Gryswit As

Stil,
verwese,
is jou hart.
Verskuilde pyn
dwaal droewig rond.
Donker, verlate, kamers
grynslag genadeloos vir jou.

Jou uiterlike verbloem –
Die kloppende seer.
Heldhaftig (Naief)
dra jy Harlekyn se masker.

Onbewustelik
raak jy verstrengel
in dodelike ysterkettings.

Pynvolle herinneringe
is soos vuurwarm kole.
Los groteske letsels
op jou siel se wankelrige deur.

‘n Gekwesde innerlike
kruip rond op die grond
Weemoedige trane spat
teen die gekraakte ruite.

Die barmhartige son
word toegevou deur
psigotiese onweerswolke.
Jou hulpkreet weergalm!
Raak verlore tussen die
onbelangstellende skare.

Onhoorbaar is jou roep
Afwesig ‘n vertroostende hand
Geen siel om jou halfpad te ontmoet.

Stadig –
maar seker disintegreer jy.
Vorm gryswit as teen depressie se jas.

Die bottel het omgeval

In die middel van my siel
staan ‘n groot glasbottel

Dis gevul met ontsaglike pyn

Die lewe se sweephoue
reën genadeloos op my neer

Dit kloof my gemoed oop
skeur die geluk aan flarde

Skokgolwe swem deur my

Gevaarlik kantel die bottel
tol in die rondte

Paniek skop my verskrikte hart

‘n Gil weergalm
ek begin onbedaarlik bewe

Smart verskyn
spring op my siel

Op, af, op, af

My bloed stol
die bottel gaan omval

Ek probeer keer
gryp wild

Vrees versteen my

Die pyn stort uit

drup
drup
drup

Folterend op my siel



Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Gedigte
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Gedigte
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Gedigte
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Gedigte
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Gedigte
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Janet
2019-01-18 17:21:05
wat beteken kleingeestig...
H L Wehr
2019-01-17 22:25:02
Definisie en betekenis die verskil...
Robert
2019-01-10 18:20:15
Kan Annarine Erasmus my groot asb kontak deur my te epos na robert.conradie91@gmail.com Dis in verb...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD