Deurbraak Aan de Braak

Aan De Braak teater in Stellenbosch, onder leiding van Christine Falck (eienaar), het ‘n opwindende nuwe projek van stapel gestuur vir opkomende jong kunstenaars. Hierdie projek staan bekend as Deurbraak. Die regisseur van Deurbraak is Schalk van der Merwe. Die musikale regie word behartig deur Frieda van den Heever.

Die konsep sluit ook aan by die ontstaan van Aan De Braak teater, Christine Falck het die teater geskep om nuwe talent die kans te gee om in ‘n beskermende teateromgewing op te tree, sonder enige finansiële uitgawes.

Die Aan De Braak teater was die 2de Junie drie jaar oud en Christine het dit goedgedink om na drie jaar van die kunstenaars te gebruik, wat as studente hul kabareteksamens daar gedoen het, gereeld daar optree en wat baie talentvol is, ‘n kans te gee om blootstelling te kry.

Aan De Braak teater voel bevoorreg dat Prof Dorothea van Zyl van die Woordfees, Irma Albers van Distell en Niël Rademan – almal bygedrae het om hierdie geleentheid moontlik te maak.

Die program sal bestaan uit, klassieke sang, sang, kabaret, drama, komedie, dans en fisieke teater.

Deurbraak
Deurbraak

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar