Groen solo

Na die afgelope twee jaar se harde rock het Gian Groen dit goed gedink om vir ‘n verandering die elektriese kitaar tuis te los. Balades en ernstige lirieke is wat vir Gian na aan die hart lê en is immers wat hom bekend gemaak het.

Gian is tans besig met die skryf van materiaal vir ‘n akoestiese album wat later vanjaar vrygestel sal word. Om die die nuwe liedjies op die proef te stel kan Kaapse gehore hulself gereed maak om die eerste ore te wees om dit te hoor.

As jy dus lus voel om deel te wees van ‘n rustige aand saam met Gian en net sy akkoesties kitaar, maak seker jou plek is bespreek vir Donderdag 30 Julie by die Boer in Durbanville. Die vertoning begin om 20:00 en kaartjies is beskikbaar by 021 979 1911.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar