Fanus Rautenbach is ’n ikoon van die Afrikaanse kultuur en só deel van daardie landskap soos boerewors en rugby.
Hy is bekende grapjas, skrywer, en barometer van alles wat snaaks en eg is in Afrikaans. In sy eie woorde, soms verskuil agter sy alter ego, Sebastiaan, vertel hy sy lewensverhaal as kind, dan student, omroeper, skrywer, eggenoot, vader en vriend in sy unieke styl: stout, snaaks en onderhoudend.
Fanus se lewe was gevul met vreugde, onvermydelike verliese, en vol onvergeetlike oomblikke en mense – van Koos Meyer tot Nelson Mandela.
Fanus onthou is ʼn fassinerende leeservaring.
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
