Kry my by die gewone plek aguur

Loftus Marais het onlangs ‘n bundel gedigte gedoen met die naam Kry my by die gewone plek aguur.


Dit het ‘n sub-titel – Kaapstadse gedigte – maar dit gaan is nie eintlik oor Kaapstad nie, al feature daar ‘n menigde Kaapstadse landmerke.

Dit gaan oor “die stad”. Die woord “stad” verskyn dwarsdeur- van voor tot agter. Maar die stad waarvan hy praat is nie sy inwoners nie, dis die produk van hulle doen en late.

Daar’s min oor die mense en baie oor monumente, roltrappe, hysbakke, geboue, kragpale, die hawe en die lughawe (aanskou die tempel van die heen en weer).

Daar is ‘n massa metafore in baie gedigte oor “die stad”, “sy stad”, “my stad”. Soms pragtig en baie effektief

vir boerseuns bestaan die stad uit iets
soos die eensaam skaamte van mans in hotelle se voorportale

my stad het sy geheime, geskenke, soos
die eerste reuk van reën op teer
soos lipstiffie aan ‘n bekerrand

min sterre, maar die wat blink is ernstig oor blink

jou stad en haar karre, haar see, haar stemme
is altyd teenwoordig
as ‘n was-pas-hede …

daar is ‘n beskrywing van ‘n Oop en gestroopte erf

die gaping is ‘n ontspanning, omring deur laswerk

Kry my by die gewone plek aguur
Kry my by die gewone plek aguur
– en so gaan dit aan. En tog, terselfdertyd, is daar geen trots-in en liefde-vir alles wat hy beskryf nie. Daar is ook geen vrees of oordeel nie.

Net ‘n eindelose versameling allerdaagse grense, sy middelklas metafore van bewoning.

Uitendelik voel die fetish met lewelose dinge meer en meer soos die vermyding van ‘n onderwerp – mense, verbintenis, emosie en inspirasie.

Aan die einde van die dag kan monumente, roltrappe, hysbakke, geboue en kragpale nie aanstoot neem of terug-stry nie. Dis veilige grond.

Wanneer hy wel oor mense skryf (hoe anoniem ook al) is ‘n paar uitstekende gedigte en beelde

17:15

dringend bedrewe die uittrek
die klik van ‘n bril op die bedkassie
en na die tyd, kaal, teenaan
mekaar, bekyk ek toe dit:
sy afgehaalde horlosie se afdruk
wat nog liggies om sy pols sit

01:58

ons twee se verskillende stiltes
in karritte, met die dra van winkelsakke

en bo jou, digitaal en rooi, die wekker
en hoe alle getalle in ‘n agt kan sit

‘n Obese paartjie in die see by Clifton – daar’s gesag in daai lag wat pas by die drillende vleis.

Great.

Die titel kom na aanleiding van ‘n lang geskinder oor die telefoon oor ‘n rykmanspartytjie – goeie smaak, al daai dinge – ‘n gevleg van skinder en bieg en beskrywing

En dan sê die man aan die anderkant skielik

agfokkitals, kry my by die gewone plek aguur?

Lewer kommentaar

Leave a Reply