Skoenlappers, kwepers en skerp-soggens-son,
my been bewe soos tande wat op meel klap,
soos mossies wat uit die lig na die aarde terug keer.
Keer ek ook terug, plat op my rug.
Oe toe,
hande tussen die holtes van my bene.
Druk ek die seer ys trane terug.
En bid die kanker uit my siel en murg.
Totdat die bloed na my koue winters hande terugkeer,
en ek kan
die plaag en pyn van China hanteer.
