Ons laaste baljaar. 4/7

Oh my bra
eendag when the fat lady sings:
en al ons ander pelle:
met die wegraaping weg is.

Light daai skyf of splif,
bring daai bottles van die stoor af terug.

Sing ‘n song oor onse verlore land.
Waar ons na die koms:
doos dronk geword en finaalik onse voet spore,
gelaat het
in die sand.

Oh my bra
wanneer sy haar vuurende kop lug
en ons op die balkon
die laaste kyk en sluk
uitwurg.

Terwyl ons vreesloos na die tsunami, winde en sterreval staar.
Weet net: ek en jy was daar.

En dit was bevange, befok en te vroeg klaar.

(Nommer 4/7 vir Johke Steenkamp)


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply