En so is dit soo,
dat die taal mooi word:
wanneer ek by jou is.
Deur jou oë:
kry die lewe terug sy
glans en blink.
Sag en soet:
fluister die duister in my,
na die duister in jou.
Raak ons:
aan die uithoeke van ons
nimmereindende menswees,
ons vleeswees.
Hier:
toegevou onder kombers van wolk
en suidwester.
Sodat ek warmte en plek
in jou glimlag in donker kamer
kan vind.
En verlede soos verasde boeke
oor waters kan uitstrooi,
en jou my skattebol
met moed en glimlag
kan noem.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
