Hier is ’n stukkie klassieke Griekse dialoog. ’n Klassieke grappie eintlik, want die tipe filosofie is die basis geword van talle grappe (en natuurlik Terry Pratchett se Discworld en ’n skeppingsteorie of twee):

Plato: “As die wêreld op Atlas se skouers rus, waarop staan Atlas?”
Sokrates: “Atlas staan op ’n skilpad se rug.”
Plato: “Maar waarop staan die skilpad?”
Sokrates: “’n Ander skilpad!”
Plato: “En waarop staan daardie skilpad?”
Sokrates: “My liewe Plato, dis skilpaaie al die pad ondertoe.”


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply