Gatiep doen aansoek by die Waterfront as vermaaklikheidskunstenaar.
“Wat is jou spesiale talent?” vra die talentbestuurder.
“Ek is Gatiep, die eierkoning”
“Wat kan jy doen wat so spesiaal is?”
“Ek kan drie dosyn hoendereiers, twee dosyn eendeiers en ‘n dosyn ganseiers eet op een slag”
“Besef jy dat jy vier keer per dag moet optree?”
“Ja, ek verstaan daai.”
“Jy is seker jy kan dit doen?”
“No problem!”
“Op Saterdae gee ons ses vertonings.”
“Daai’s reg!”
“Tydens vakansies is daar vertonings elke uur.”
Gatiep huiwer vir so ‘n oomblik voor hy antwoord: “Daais OK, maar dan wil ek ‘n kontrak teken?”
“Hoekom?”
“’n Man moet darem ‘n tydjie gegee word vir lunch ook.”
♦♦♦
(Stuur jou grappe na bydraes [by] roekeloos.co.za)
♦♦♦
Koop / Buy 10 Jaar van Afrikaanse Grappe … (e-Boek PDF, DRM Free)
10 Jaar van Afrikaanse Grappe is ook in ‘n gedrukte weergawe beskikbaar. Vra by jou naaste Exclusive Books.