Die pasgetroude vroutjie het ‘n probleem. Sy kan nie haar man se naam onthou nie.
As hy by die huis kom, noem sy hom Koos of Piet of Jan wat nie sy naam is nie. Haar vriendin sê sy moet `n sielkundige gaan spreek oor haar probleem. So gesê so gedaan.
Die sielkundige vra haar wat is haar man se naam. Sy krap in haar handsak en haal ‘n papier daaruit. Daarop staan Tienus. Die sielkundige sê dit is maklik – deur assosiasie moet sy nou so dink: as hy vanaand by die huis kom, moet sy dink aan slaap, aan seks en aan penis, dan sal sy onthou sy naam is Tienus. Die aand toe hy by die huis kom, groet sy hom: “Naand Giel!”
(Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za)