Hanlie van Laingsburg wou altyd in die groot stad wees. Na ’n lang gesoek kry sy werk as ’n kamerbediende in ’n groot hotel in Kaapstad.
Alles het goed gegaan, tot daai dag wat een van haar medewerkers haar in skok vind in een van die kamers langs ’n onopgemaakte bed. Die arme Hanlie kon nie praat nie. Met een vinger het sy in die rigting van die bed beduie waar daar ’n gebruikte kondoom lê tussen die lakens.
“Hanlie, het jy nog nooit een van daai gesien nie?” vra haar kollega, “Doen julle nie daai ding in Laingsburg nie?”
“Ja,” stamel Hanlie toe sy haar stem terugkry, “maar nie dat die velle waai nie.”
