‘n Man kla by die dominee dat sy vrou die broek dra. Sy regeer hom vreeslik!

“Dominee moet tog met haar gaan praat.” soebat hy.

Die dominee maak toe so en verduidelik mooi aan die vrou dat, volgens die kerk, die man die hoof van die huis is.

Toe hy klaar is sê sy: “Ja dominee, hy is die hoof, maar ek is die nek. En die nek sal die hoof draai net waar sy hom wil hê!”

(oorspronklik gepubliseer 16 April 2010)

Lewer kommentaar

Leave a Reply