Potamochoerus porcus
Die bosvark is ’n grys tot rooibruin soort vark. Die kwaspuntstert en growwe hare is swart.
Die boonste hoektande is slagtande wat boogvormig na buite en op groei. Saam met die onderste oogtande is hulle gedugte wapens. Tussen die oë en die snoet is daar ’n paar harde eelte.
Die bosvark kom voor in die Oos-Kaap, Limpopo en Mpumalanga.
Die werpsels is normaalweg 6 tot 8 kleintjies groot. Die kleintjies is gestreep.
