In die personeelkamer kla al wat ’n onderwyser is oor Jannie.

“Ek wens mens kon die kinders nog pak gee.” Voeg die jong juffrou Visser by. “Ek dink dan sou Jannie in sy spoor trap.”
Meneer De Wet, gretig om die jong juffrou te beïndruk, kondig aan dat hy die kans gaan vat en Jannie die pak van sy lewe gaan gee. “As hy weer aanjaag, stuur hom na my toe!”

Twee dae later kom Jannie by meneer De Wet aan. “Juffrou Visser het my gestuur, …” Vêrder kom Jannie nie, want meneer De Wet pluk ’n lat uit en gee hom ses houe voor hy nog kan protesteer.

“Sien jy wat gebeur met stout kinders mannetjie! Wat het jy vir jouself te sê?” bulder meneer De Wet.
“Juffrou Visser wou net weet of meneer vir haar ’n skêr het om te leen.”

Lewer kommentaar

Leave a Reply