Die drie Van der Merwe nefies is vir die derde jaar in Standard 5.

Op ’n dag gly die juffrou in die klas en val. Die nefies lag al te lekker vir haar.

Baie vies, vra die Juffrou vir die eerste een: “Wat het jy gesien?”
“Net die kuite Juffrou.”
“Ongeskik! Huis toe vir die res van die dag!”
“En JY!” vra sy die tweede een.
“Juffrou, net die boude.”
“Sies jou vark! Nog erger! Uit my klas vir die res van die week!”

Toe die juffrou omdraai pak klein Koos al sy goed in sy tas.

“En jy, waarheen dink jy gaan jy?”
“Juffrou, na wat ek gesien het dink ek my skoolloopbaan is in sy moer!”

Lewer kommentaar

Leave a Reply