Koos is met vakansie in Londen en loop toevallig in die koningin se geselskap vas.
Die koningin is in ’n goeie bui en besluit om ’n paar woorde te wissel met die vreemde Suid-Afrikaanse man. Deur die hele gesprek deur spreek Koos haar aan as “Queen”, tot sy dit later nie meer kan hou nie. Sy wys Koos daarop dat hy haar nie as “Queen” moet aanspreek nie, maar as “Your Highness”.
“My magtig!” sê Koos. “Wil jy nou meer, my neef se naam is ook Johannes.”
(Oorspronklik verskyn 17/03/2011)