Koos was met vakansie in George en het besluit om die antieke stoomtrein, die Outeniekwa Tjoe-Tjoe, te neem.
Ongelukkig was sy kaartjie eers vir vyfuur die middag bespreek en by daai tyd was Koos al goed gekoring. Alles het darem goed gegaan; tot die terugkomslag. Toe die trein die perron nader en begin spoed verminder hoor die kondukteur ‘n helse slag. ‘n Ent agter die trein het Koos langs die spoorlyn gelê. Toe die trein tot stilstand kom het die kondukteur hom na Koos gehaas. Dié was bietjie deur die waas, maar sonder enige ernstige beserings.
“Hettie trein gebots?” vra die dronk Koos.
“Nee, meneer” antwoord die kondukteur.
“Het hy vannie spoor geloop?”
“Nee, meneer.”
“Hel!” sê Koos, “as ek dit geweet het, het ek nooit afgeklim het nie.”
