Kort grappies wat ons die afgelope twee maande ontvang het:
Wat is die verskil tussen ’n voël en ‘n vlieg?
Voëls kan vlieg, maar vlieë kan nie voël nie.
♦♦♦
Ek lees tans ‘n boek oor anti-gravitasie – ek kan dit net nie neersit nie.
♦♦♦
Sommige mense hou nie van baarde nie, maar jy moet dit kans gee; dit groei op ‘n mens.
♦♦♦
As James Bond hom buite Brittanje bevind staan hy bekend as …
+44 07
♦♦♦
“Jesus min my”
Mooi woorde in ‘n liedboek, aaklige woorde in ‘n Mexikaanse tronk.
♦♦♦
(oorspronklik verskyn 24 Mei 2012)