‘n Koue vlooi

“Hel, maar dis koud hier in die parlement!” sê die vlooi.

“Waar in die parlement sit jy?” vra die ander vlooi.

“Op daai minister se snor, jy ken mos die een.”

“O ja, maar dan sal jy koud kry. Neem my raad. Spring tot in die damestoeilet en as die eerste een in kom spring jy op. Klim tot dit begin warm raak. Dit werk nog altyd vir my.”

Die volgende dag loop die vlooie mekaar weer raak.

“Hoe lyk jy vir my steeds so koud? Het jy dan nie my raad gevolg nie?”

“Ek het jou raad gevolg! Dit was so lekker warm dat ek aan die slaap geraak het. En toe ek wakker word, toe sit ek weer op die minister se snor.”

(Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za)


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply