‘n Moeilike vrou

‘n Moeilike vrou is in die hof vir winkeldiefstal.

Landdros: “Wat het jy gesteel?”
Sy: “’n Blik perskes.”
Landdros: “Hoeveel perskes was daarin?”
Sy: “Ses.”
Landdros: “Ses dae tronkstraf.”

Skielik skreeu haar man daar van agter uit die banke: “Sy’t ook ‘n blik ertjies gevat!”

(oorspronklik verskyn 1 Maart 2012)

Lewer kommentaar

Leave a Reply