“Meraai,” sê haar werkgewer streng, “toe ek jou aangestel het, het jy vir my belowe dat hier geen mansvriende by jou sal kom kuier nie. Nou moet ek sien hoe hier elke dag ’n man by jou in die kombuis kom rondhang.”
“Mevrou,” sê Meraai, “daai is mos true. Dié is g’n my vrind nie, dis my man!”
