Nog kort grappies

Reën! Die amptelike weerverskaffer van die 2012 Olimpiese Spele in Londen.

♦♦♦

Jannie is al vir 90 dae lank besig om ‘n duisendpoot te martel.
Hy is nou op sy laaste bene.

♦♦♦

Jannie het sy Engelse huiswerk geëet, want die onderwyser het gesê “it’s a piece of cake”.

♦♦♦

Griekeland gaan agteruit, dinge is deurmekaar in Rome en daar is ‘n klomp aggressiewe mense in die Midde-Ooste. Welkom in 500 v.C.

♦♦♦

Drie slakke sit op ‘n skilpad. Die voorste een sê: “Vashou ouens! Die een fokkof!”

♦♦♦

Koos het ‘n blou oog. Alles as gevolg van drank natuurlik. Met sy skoonma se dood het Koos hom na drank gewend. Ongelukkig vir hom het sy vrou by die huis gekom toe hy besig was om die bottel vonkelwyn oop te maak.

♦♦♦

(Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za)

Koop / Buy 10 Jaar van Afrikaanse Grappe (e-Boek PDF, DRM Free)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar