Dis moeilik om grappies te verduidelik aan ‘n kleptomaniak, hulle vat alles letterlik.
As jy ’n vrou wil leer bestuur, moenie in haar pad staan nie.
‘n Romein stap in by ‘n kroeg, hou twee vingers op en sê: “Vyf biere asseblief.”
Pavlov sit ‘n kroeg toe hy ‘n foon hoor lui. Met dié spring hy op en skree: “Hel! Ek het vergeet om die hond kos te gee.”
Wat is die manlik en vroulik van meel?
Mieliemeel en koekmeel.
♦♦♦
(Stuur jou grappe na bydraes [by] roekeloos.co.za)
