Die oom en tannie woon die skou by.
By die diere gekom, fassineer die bulle die tannie. Hier sien sy dan ook ’n bul met ’n wit roset tussen sy horings geplak.
“Wat beteken die wit roset dan?” vra sy vir die eienaar.
“Tannie.” Antwoord hy, “dit beteken die bul kan vyf koeie op ’n dag dek.”
“Sien jy nou!” sê die tannie vir die oom, terwyl sy hom met die elmboog in die sy werk.
’n Ent vêrder staan daar ’n bul met ’n blou roset. “En wat beteken die kleur vra sy vir die boer?”
“Tannie, dit beteken hy kan 10 koeie op ’n dag dek.”
“Sien jy nou!” sê die tannie vir die oom, terwyl sy hom weer met die elmboog in die sy werk.
Dis ook net hierna wat haar oog die bielie van ’n bul vang met ’n rooi roset. “En waarvoor kry mens ’n rooi roset?” vra die tannie die boer.
“Tannie, dit beteken hy kan 20 koeie per dag dek.”
“Sjoe!” sê die tannie beïndruk. “Sien jy nou!” sê sy weer vir die oom, terwyl sy hom met die elmboog in die sy werk.
“Jong man,” sê die oom vir die boer “die 20 koeie wat hy op ’n dag kan dek. Is dit dieselfde koei of 20 verskillende koeie?”
“Nee oom,” sê die boer, “dit is 20 verskillende koeie.”
“Sien jy nou!” sê die oom vir die tannie, terwyl hy haar met die elmboog in die sy werk.
