Rugby

Osama bin Laden het op televisie verskyn as bewys dat hy nog leef. Volgens Osama het hy Saterdag rugby gekyk en dat “die Stormers en Cats weer verskriklik sleg gespeel het”. Volgens Amerikaanse regeringsamptenare is dit geen bewys dat hy nog leef nie, want dit kon enige tyd die afgelope twee jaar gebeur het.

Wat is die korste grap oor rugby?
WP

Rian Kuyk:
Toe ek laasnag vir my vrou sê: “Crouch, touch … pause … engage!” toe bliksem sy my.
Nou vra ek jou, was my benadering verkeerd of kyk ek te veel rugby?

Hoe marineer jy ‘n haai steak?
Met snot en trane.

Hoe maak jy fish paste?
Sit 15 Bulle in ‘n Shark Tank.

Spottie :
Hoe kry jy n kurkprop terug op ‘n sampanjebottel?
Vra enige Sharks ondersteuner!

Hanz Schreuder :
Knock knock?
Who’s there?
Aspersie.
Aspersie who?
Aspersie oorgeskop het, het die Sharks gewen.

‘n Blou Bul ondersteuner, wat op ‘n slegte plek op Loftus sit, sien ‘n leë sitplek op die haflyn deur sy verkyker. Met moeite baan hy sy weg tot by die sitplek en vra of die plek geneem is.
“Hierdie was my vrou se plek.” sê die man langsaan.
“Hoekom gee jy dit dan nie vir een van jou vriende nie?” wil die ou weet.
“Want hulle is almal by haar begrafnis.” sê die man.

My vrou kyk ook nou rugby. As ek saans vir haar sê: “Crouch, touch … pause … engage!” Dan tjune sy net “Advantage over, Roll away! Stay on your feet! Hands off!”

Spottie:
Om toetsrugby te kyk is dieselfde as om wildtuin toe te gaan.
Jy eet lekker biltong! Jy drink lekker bier! En jy kyk hoe die bokke k@k!

Lewer kommentaar

Leave a Reply