So paar kort grappies

Ons ouers wil hê ons moet alles hê wat hulle nie gehad het as kinders nie.
Soos byvoorbeeld A’s in al ons vakke in matriek.

“Pasop!” Snou Koos sy vrou toe tydens ’n argument. “Jy gaan die dier in my uitbring!”
“O aardetjie tog!” Antwoord sy. “Net nie weer die muis nie!”

“Mamma, hoekom het jy met pappa getrou?”
“Ai my kind, begin jy nou ook al wonder.”

Jannie: Dink jy jou pa sal my in die toekoms dalk bietjie uithelp?
Sannie: Wel, ek het gehoor hy wil jou gat skop tot in volgende week.

“Sal jy my liefhê as my pa al sy geld verloor?”
“Wat! Het jou pa al sy geld verloor?”
“Nee, hy het nie.”
“Nou waaroor is jy dan nou bekommerd?”

Lewer kommentaar

Leave a Reply