Gatiep en Meraai het niks gehad om te doen nie, toe gaan stap hulle deur die Iziko Suid-Afrikaanse Nasionale Galery in Kaapstad.
Gatiep is mal oor sport en na hy lank na ‘n ou skildery van ‘n krieketspeler gestaar het vra hy een van die werknemers daar: “Sê my mavrou, wat sal die prentjie ‘n man kos?”
“Daardie skildery is sowat R150 000 werd meneer.”
“Hond se hol! Vi daai geld kan ‘n man ‘n huis en ‘n vrou koep!”
Met die kyk Meraai verontwaardig op en sê vir die vrou: “Hy hou mos vi hom nou lekke oo’lams! Pay vir ‘n vrou, se gat! Dink djy ek het al ooit sy kaartjie geknip as hy dié trein ry?”
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
