Staatsamptenaar

Wat staan op ‘n staatsamptenaar se grafsteen?
Hier rus ek verder.

Twee mans werk langs die kant van ‘n pad. Die een grawe ‘n gat en dan kom die volgende een en gooi dit weer toe. Dan stap hulle ‘n paar meter verder en doen weer dieselfde.
“Jammer, maar wat doen julle?” vra ‘n voetganger?
“Ons werk vir die munisipaliteit.” antwoord die een man. “Ons werk is om pale langs die pad te plant. Gewoonlik is daar drie van ons maar die ou wat die pale insit is vandag siek. Maar dit beteken nie ons kan ophou werk nie!”

Lewer kommentaar

Leave a Reply