Die tragedie het in Bloemfontein afgespeel. Op ’n Sondag. Hier om middagete.

Die Suid-Afrikaanse Weermag het ’n demonstrasie van valskermspronge gegee. Met die intrapslag was daar probleme. Die eerste springer se valskerm het nie oopgegaan nie en hy het doodgeval. Toe gebeur dieselfde met die tweede springer. Dis toe dieselfde met die derde springer gebeur dat verrigtinge gestop word vir ’n ondersoek.

Slegs ’n ou omie was nie verbaas nie. “Weet die mense dan nie,” het hy gesê, “In die Vrystaat maak niks oop op ’n Sondag nie.”

Lewer kommentaar

Leave a Reply