“Kom Jannie,” sê sy pa “ons gaan takeaways kry. Jou ma is nie vanaand by die huis nie.”
“Waar’s ma?”
“Jou ma is by ’n Tupperware party.”
“Wat is ’n Tupperware party?”
“Wel,” sê sy pa “’n Tupperware party is waar ’n klomp vrouens rondsit en plastiek bakke aan mekaar verkoop.”
Jannie kraai soos hy lag. “Kom nou pa, wat is dit rêrig?”
