Die meisie se verloofde stuur vir haar ´n poskaart uit Italië:
Ek hou heerlik vakansie. Florence is absoluut fantasties.
Sy skryf terug:
Geniet dit. Willem is net so wonderlik!
Twee priesters gaan hou vakansie by die see en besluit hulle gaan sorg dat hulle nie herken word as priesters nie. Hulle was skaars op die strand in net hulle swembroeke toe ´n mooi meisie in ´n piepklein bikini verbyloop en sê: “Môre vaders.”
“Wag net so ´n bietjie, dame.” sê vader Dick. “Hoe weet jy ons is priesters?” “Herken julle my nie?” sê die dame. “Ek is suster Anna!”
Die blondine bring haar nuwe kêrel met die olierige hare, ag oorbelle, vyf ringe, neusring en verslete leerbaadjie vir die eerste keer by haar ouers aan. “Is hy ‘n goeie seun my kind?” vra haar ma.
“Ja ma! As hy nie was nie sou hy nie ‘n duisend uur gemeenskapsdiens verrig het nie.”
