Juffrou aan haar graad 1 klas: “Maak vir Juffrou ’n sin met die woord ‘vermoed’”.

Sannie sê: “Juffrou, my ma het gister eiers en koekmeel gekoop by Spar, ek vermoed sy gaan ’n koek bak.”

“Pragtig,” sê die Juffrou. Klein Frikkie staan op en sê: “Juffrou, my Pa is vanoggend werk toe met ’n sambreel, hy vermoed dit gaan reën.”

“Pragtig,” sê die Juffrou weer.

Klein Jannie haak af en sê: “Juffrou, gister gedurende pouse is ek in die skoolsaal en sien mnr. Gouws agter die gordyne uitkom, hy trek toe sy onderbroek en broek op. ’n Rukkie later toe kom juffrou Smit ook agter die gordyne uit en trek haar panty op en maak haar rok reg.”

Juffrou is geskok en vra: “Wat vermoed jy toe Jannie?”

Jannie: “Juffrou ek vermoed hulle kak agter die klavier.”

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar