Die Weduwee van der Merwe se man is nog nie koud nie, maar sy lê reeds by die see in die kleinste bikini moontlik. Haar nuwe borste en nuwe lippe word gepunt in die wind vir almal om te staar. Die bikini so klein, dat dit alles net-net bedek, maar gelukkig groot genoeg sodat jy nie naar word as jy staar nie.

Dis hier waar haar oog op die aantreklike man val. Vinniger as wat jy sal glo skuifel sy langs hom in en in ’n sagte stem, want sy trek haar maag in, fluister sy: “Het ons al voorheen ontmoet?”
“Ek dink nie so nie” sê hy, “Sien, ek was in die tronk vir ’n baie lang tyd.”
“Rêrig? Waarvoor?”
“Wel, ek het geld verduister, maar hoofsaaklik omdat ek my vrou vermoor het. As jy moet weet, my tweede vrou, my eerste vrou het spoorloos verdwyn.”

“Aha!” sê Weduwee van der Merwe, “So jy is single!”

Lewer kommentaar

Leave a Reply