Anthea Moys se kuns het ‘n lewendige aanslag. By vanjaar se Nasionale Kunstefees weeg sy haar vaardighede en krag op teen die van die mense van Grahamstad.
Moys gaan koppe stamp met die dorp se beste atlete, kunstenaars en intellektuele. Sy oefen al die afgelope paar maande om haar vaardighede in die onderskeie velde te verbeter. Die toernooie waarin Moys betrokke gaan wees word in ‘n uitstalling gedokumenteer wat met verloop van die fees gaan vorm aanneem.
Anthea Moys vs The City of Grahamstown kan gevolg word by die Monument Galery in Grahamstad.
(foto Mikhael Subotzky)
Lewer kommentaar