Comrades, Warriors and Volkstaat Kommandos
Comrades, Warriors and Volkstaat Kommandos is TJ Lemon se fotografiese uitstalling oor die, dikwels bisarre, militêre styl van politieke groepe in die jare voor die ‘94 verkiesings in Suid-Afrika.

Die “Comrades” was ANC-jeug in uniform. Hulle het kakie en berets gedra in die styl van die revolusionêre Che Guevara. Hulle is ontplooi vir skarebeheer, arms in te hak om kettings te vorm om massiewe skares in bedwang te hou. Sommige het houtgewere gedra, ander medaljes, ander sonbrille. Politieke oortuigings was oop vir interpretasie.

Die “Warriors” was Zoeloe Inkatha-ondersteuners. In optogte in stede of laatnag ekskursies in woonbuurte; die krygers was altyd gewapen met tradisionele wapens. Spiese, knopkieries en skilde. Hierdie was die gevaarlike seuns van Tsjaka. Trekarbeiders in manskoshuise in Johannesburg – die de facto barakke van die Inkatha-oorlogsmasjien.

Die Volkstaat Kommandos was die AWB-ondersteuners, ’n groep ultra-regse Afrikaners. Bors uit rondgeloop in Nazi-tipe uniforms en gesweer hulle is deugsame Christene soos hul Voortrekker-voorvaders. Hulle optogte was familiesaamtrekke. Ouma in haar kant Voortrekkerkappie op die ossewa saam met die kleinkinders. ’n Wa getrek deur mans in ou verbleikte leër-uniforms beplak met swastikas. Swart uniforms beperk tot die “elite” Ystergarde, wat met balaklawas aan uit lid uit marsjeer onder Nazi-styl baniere. Hulle was gewild by die buitelandse media en het graag op bevel ’n vertoning aangebied vir ’n kameraflits – soos wafferse sirkusdiere.

Genre: Kuns
Taal: nie-verbaal
Ouderdomsbeperking: 14 –
Tydsduur: 09h00 – 17h00
Kaartjies: –
Plek: Standard Bank Galery, Albany Museum, Grahamstad
Datum: 28 Junie tot 8 Julie elke halfuur vanaf 09h00

Nasionale Kunstefees 2018


Comrades, Warriors and Volkstaat Kommandos

Foto: Guy Tillim / UCT Libraries Digital Collections
Foto: Guy Tillim / UCT Libraries Digital Collections


Comrades, Warriors and Volkstaat Kommandos


2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar