Ensō

Weereens verbaas PanDora Kuns Huis met ’n ongewone uitstalling en ’n heerlike, dubbelsinnige tema: Ensō.

“Ensō is die Japanese woord vir sirkel. Maar dit beteken baie meer as dit,” aldus Melanie de Bruyn, mede-eienaar en kurator van PanDora Kuns Huis.

“Dit kan verwys na die goddelike sowel as die onvolmaakte, die ewige en die verganklike. Verder is ‘enso’ ook die versamelnaam vir die ekstreme weer wat ontwikkel as die kontrasterende El Niño en La Niña stelsels mekaar in die Stille Oseaan tromp op loop. In kort: ’n wonderlike, rowwe, goddelike, onvoorspelbare tema vir ’n stel fantastiese kunstenaars.”

Die kunsgebeurtenis vertoon werke van Aleta Michaletos, Andrew Abramovitz, Aniki du Plessis, Francois Coertze, Hilton Edwards, Jan Haarhoff, Louis Botha, Neels Venter, Phanuel Soza, St John Fuller, Steven Ashley Botha, Susanna Smith, Tony Wintour en Willem Edel.

Die uitstalling het op Donderdag 4 November geopen met Ronel Nel (digter, joernalis en voormalige organiseerder van Aardklop) en Riku Lätti, tesame met ’n sensoriese skouspel van vuurdansers, eksotiese disse uit Sam Boga se kombuis en ligspel van Jan Haarhoff.

Vir meer inligting, kontak Pandora.art1@gmail.com of skakel Melanie – 084 997 3903.

Ensō is die derde optowering uit die PanDora skatkis. Vorige hoogs-aangeskrewe uitstallings was Die PanDora Projek en die groepsuitstalling Tanti Piccoli Robot.

Enso @ PanDora
Enso @ PanDora

Ensō is te sien by PanDora Kuns Huis van 4 tot 25 November 2010.

PanDora is ‘n samewerkings initiatief wat alternatiewe spasies soos die Kuns Huis benut om kuns en kulturele gebeurtenisse te fassiliteer en kunstenaars te betrek by die groei en ontwikkeling van die projek.

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

Lewer kommentaar

Leave a Reply