Phumulani Ntuli, Lebohang Kganye en Roger Ballen het Suid-Afrika in 2022 by die gesogte Venesiese Biënnale verteenwoordig met hul uitstalling Into the Light, wat vir sewe maande te sien was.

Hul werke is geïnspireer deur die tema van die Biënnale, The Milk of Dreams. Cecilia Alemani was die kurator van die uitstalling, met temas waarin die menslike bestaan herverbeel word deur dit deur die prisma van verbeelding te benader.

Die Suid-Afrikaanse paviljoen se Biënnale-uitstalling word vir die eerste keer in Suid-Afrika by die KKNK uitgestal. Dit sluit drie stukke werk van Ntuli, Kganye en Ballen in, waarin die rykdom van artistieke uitdrukking verken word deur die gebied van fantasie en verbeelding te betree. Die Covid-19-pandemie het ook as inspirasie gedien, waar geforseerde isolasie uitdagende vrae oor ons plek in die wêreld na vore gebring het: Hoe ons onsself in ons fisieke en verbeelde werklikhede definieer, herverbeel en posisioneer.

1 April 2023, 09:00

2 April 2023, 09:00

3 April 2023, 09:00

4 April 2023, 09:00

5 April 2023, 09:00

6 April 2023, 09:00

7 April 2023, 09:00

8 April 2023, 09:00

9 April 2023, 09:00

Prince Vintcent-gebou, Oudtshoorn

Into the Light
Into the Light

Lewer kommentaar

Leave a Reply