Na ’n loopbaan van byna 50 jaar en meer as 40 uitstallings, plaaslik en internasionaal, is Richard Smith se 18de solo-uitstalling, Ghost in the Machine, tans by EBONY / CURATED in Kaapstad.
Richard Smith het sy artistieke loopbaan begin in die 1970’s as ’n politieke spotprenttekenaar. In die middel van 80’s het hy begin skilder. Vir Smith is die vorm en inhoud van sy skilderye sekondêr. Hy fokus op die handeling van skilder self.
Die uitstalling duur tot 22 Desember 2017.

