Die galery Lizamore & Associates bied tans twee solo-uitstallings aan deur Hannalie Taute en Marieke Kruger.

Hannalie Taute se Come Hell or High Water gebruik die see as ’n metafoor vir identiteit. Deur die verkenning van identiteit lewer sy skerp kommentaar oor die samelewing en populêre kultuur.

Die titels van Taute se werke is dubbelsinnig; hulle verwys almal na die idiome oor water. Hierdie woordspeling dwing interaksie af met die kyker.

Marieke Kruger se reusagtige houtskoolportrette is te sien in haar uitstalling Carceral Space II. Soos in haar vorige uitstalling speel suggestie weer ’n rol. Die keer fokus sy op sublieme ervarings. Hoe die transformerende krag van suggestie kan lei na die sublieme.

Die uitstallings duur tot tot 28 Oktober 2017.

Lizamore & Associates is in Parkwood, Johannesburg.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar