Die Everard Read-galery is Johannesburg se oudste kunsgalery en moontlik Afrika se oudste kommersiële galery.
Die galery se deure het in 1913 oopgemaak in die middestad. In 1970 het dit verhuis na die huidige post-modernistiese galery in Rosebank. Die gebou was oorspronklik ’n woning, gebou in die 1920’s.
In 1996 het ’n tak in die V&A Waterfront in Kaapstad oopgemaak, gevolg deur een in Londen in 2016 en Franschhoek in 2017.
Die Kaapstad tak huisves Die Kunskamer, een van die oudste kunshandelaars in die stad. Hulle spesialiseer in Suid-Afrikaanse meesters uit die vorige eeu, asook kontemporêre werke. Everard Read Kaapstad is ook bekend vir hul vermoë om nuwe Suid-Afrikaanse talent op te spoor.

