Die tweede Woordfees-kunsveiling, in samewerking met Strauss & Co, vind op 12 Oktober in die Stellenbosse stadsaal plaas.

Die kunswerke waarop vanjaar gebie kan word, word voor die veiling in die Stadsaal uitgestal en sluit werke deur bekende en opkomende kunstenaars in wat elke sak sal pas. 

“Die werke op uitstalling is ongelooflik uiteenlopend, maar in sy geheel bring die uitstalling vreugde. Dit is ’n visuele tonikum. Die uitstalling pas dus goed by die bruising en sprankeling van die feestema – Borrel. Dis ’n verfrissende ervaring in ’n wêreld waar kuns geneig is om baie ernstig en somber te wees,” sê die kurator, Teresa Lizamore.

Van die 180 werke wat uitgestal word, kom om en by 90 by die veiling onder die hamer.

Beide die uitstalling en veiling is gratis.

Lewer kommentaar

Leave a Reply