Michael Jackson haal goeie prys

Andy Warhol se portret van Michael Jackson is opgeveil vir $812 000 (ongeveer R6 miljoen).

Warhol het die skildery in 1984 voltooi en dit aanvanklik verkoop aan ‘n groot aanhanger van Jackson.

‘n Anonieme koper het nou die skildery gekoop tydens ‘n veiling van Christie’s Auction House. Daar is aanvanklik beraam dat die skildery net sowat R5 miljoen sal haal.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply