Peter Mammes

Peter Mammes se werk ondersoek die makabere en absurde. Hy versamel mediese toerusting, veral die wat in die verloskunde gebruik word. Die invloed van sy tyd in Rusland en Indië is duidelik in sy werk te sien.

Die gevestigde kunstenaar Dianne Victor sal as mentor optree vir Mammes as deel van die Johannes Stegmann Mentorskapprogram. Die Johannes Stegmann Mentorskapprogram ondersteun opkomende professionele kunstenaars deur hulle bloot te stel aan professionele mentors wat reeds gevestigde name in die kunswêreld is. Dit bied hulle ook die geleentheid om hul eerste kommersiële solo-uitstalling te hou.

Mammes se werk word tans uitgestal by die Lizamore & Associates galery in Parkwood, Johannesburg.

Indivisible Condition of Being
Indivisible Condition of Being
Indian Beggar Line
Indian Beggar Line

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar