Ronald Rupert Opperman, gebore en groot geword in Springs, is beter bekend as Ronaldo in die musiekindustrie.
Ronaldo het verskeie goue toekenning losgeslaan vir solosang tydens sy laer- en hoërskooljare. Op hoërskool het hy begin dans. Hy het so goed gevaar dat hy gevra is om deel te neem aan Showcase 98 as die Dirty Dancing-danser. Hy het ook vir die Oos-Rand se Jeugkoor gesing onder leiding van Jukkie Botha. Ronaldo het toe reeds kitaarlesse begin neem en sy eie liedjies begin skryf.
Op skool was Ronaldo ‘n uitblinker in rugby en het skaak gespeel en skopboks beoefen.
Ronaldo het sedertdien opgetree by verskeie troues, skole, restaurante en spesiale geleenthede. Ronaldo was ook een van die kunstenaars wat hierdie jaar die skares van die KKNK vermaak het. Hy het ook in Durban opgetree by die Kookpunt Musiekfees.
Ronaldo is die nuutste toevoeging tot die lys van kunstenaars wat Vonk-produksies onder hul vlerk neem. In Ronaldo se eie woorde, “my tien jaar lange droom het waar geword”.
Ronaldo voel baie sterk oor Afrikaans as sy moedertaal, dit kan baie duidelik gehoor word op sy nuwe CD Afrikaans sal ek altyd wees. Die cd het gehore by die KKNK by die honderde op hulle voete gehad.
“Blondebom van Springs (dans Santie)” op die CD is reeds ‘n treffer. Na een week het dit die nommer een plek beklee op Oosrand Stereo. Afrikaans sal ek altyd wees
Gehore regoor Suid-Afrika sal binne kort deur hierdie warmbloedige nuwe ster, bekoor word.
