Alles Pas

Alles Pas
Roekeloos

Gerrie Pretorius se nuustste CD, Alles Pas, is onlangs uitgereik.

Die musiek op hierdie album is sogenaamde lekker luister musiek.

“Lekkerste Lyfie” uit die pen van Rudi Claase is ‘n defnitiewe treffer en die video is reeds hoog in aanvraag op die KykNet program, Jukebox.

‘n Hele paar van die liedjies kom uit Gerrie se pen self, maar Gerrie verras ook met ou bekende snitte soos, “Hang ‘n duisend liggies”, “Dan the Banjoman”, “My friend the wind” en “O Lord it’s hard to be humble”.

Hanalie Burger was verantwoordelik vir die verwerkings en programmerings op al die snitte, behalwe “Lekkerste Lyfie” wat Rudi Claase self behartig het.

Gerrie Pretorius het gebruik gemaak van bekende musikante soos Vinnie Henrico, Deon van der Merwe en Denny Laloutte, om net ‘n paar te noem.

Gerrie Pretorius is nie net ‘n gewilde sanger nie, maar ook een wat kan spog met 7 platinum toekennings en ‘n
SAMA nominasie.

Op Alles Pas sing Gerrie ‘n duet met een van België se grootste sterre, Christoff. Gerrie het ook onlangs ‘n toer na Belgie onderneem en die verhoog met Christoff gedeel.

Gerrie Pretorius
Gerrie Pretorius

Snitte op Alles Pas:

1. Alles pas
2. Westewind
3. Ek wil jou vir altyd
4. Lekkerste lyfie
5. Dan the Banjoman
6. Hang ‘n duisend liggies
7. My Lisa-Marie
8. Gaan dan!
9. Jou liefde is lewe
10. O Lord it’s hard to be humble
11. Liefde
12. ‘n 1000 Maal
13. Mississippi
14. Liefde is alles
15. My friend the wind

Bonus Snit:
16. Somerliefde (Duet met Christoff van Belgie)

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply