André Swiegers

Tot ongeveer ses jaar gelede was Swiegers eerder bekend as songwriter vir ‘n verskeidenheid van kunstenaars in Suid-Afrika. Sy eerste deurbraak het gekom in 1990 toe Laurika Rauch sy song Blou opgeneem het en ‘n treffer daarvan gemaak het.

Hy was ook betrokke as medeskrywer van talle Coleske-treffers, waarvan Take me where the sun is shining tot dusver die grootste was. Die song het die nommer-een posisie op die charts bereik in lande soos Denemarke en Oostenryk, en het ook baie goed gevaar in Duitsland wat gereken word as die derde grootste musiekmark ter wêreld (naas die V.S.A. en Japan). Take me where the sun is shining is ook onlangs aangewys deur SAMRO as een van die twaalf grootste treffers van die R.S.A. vir die afgelope veertig jaar. Aphrodite, die ander groot Coleske-treffer (waarvan Swiegers ook mede-skrywer was), is twee jaar gelede as een van die tien grootste treffers van die jaar in Suid-Afrika aangewys. Dan was daar ook nog die songs Share my life, Vanishing point, Life is going on, Kevin, Faith in Love, ens. waarby Swiegers betrokke was.

Ander kunstenaars soos Theuns Jordaan, Richard en Lochner, Danie Niehaus, Rina Hugo, Juanita du Plessis, Cutt Glass, Pieter Smith, Mathys Roets, Georgia, ens. het ook reeds van Swiegers se materiaal gebruik gemaak.

André-self het reeds vyf albums agter sy naam:
Tablature (1995 / onder die naam Squire Blue)
Confessions (2001)
Blou (2002)
Turn on the Light (2003)
Die Sirkels van Tyd (2004) – wat met twee Geraas Musiek Toekennings (2005) bekroon is : Beste Volwasse Kontemporêre Album, asook die Beste Vervaardiger van ‘n album (aan André, vir die produksie van Die sirkels van Tyd)


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply