As ‘n musikant reis mens die land, en soms die wêreld, vol. Parktykeer in besigheidsklas op ‘n oorsese vlug of dalk in luukse toerbusse met aircon; ander dae is dit weer stowwerige road trips, grondpaaie en kronkelpaaie. Never a dull moment. Uit elke avontuur word daar ‘n song of ‘n storie gebore. Kom geniet musiekhoogtepunte met ‘n verskeidenheid so reg in Anna Davel se styl – ‘n program van oorspronklike musiek uit haar eie pen en meer bekende liedjies oor onverwagse lewensreise. Die gehoor kan uitsien na liedjies wat sy opgeneem het die afgelope 20 jaar en splinternuwe musiek spesiaal gesoek in diep vergete laaie. So tussendeur natuurlik stories van onbeplande afdraaipaaie en vreemde draaie. Vir die eerste keer saam met haar op die verhoog is Graeme Lees op kitaar.
By die Boer teater-restaurant in Durbanville op 23 Mei om 20h30. Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com