Loki Rothman – gebore in Bellville, Kaapstad – het sy eerste merk op die musiekwêreld in die 2009 seisoen van SA’s Got Talent gemaak. Sy unieke speelstyl wat vingertegniek en perkussiewe elemente kombineer, het internasionale belangstelling deur sy YouTube kanaal ontvang, en deesdae is Loki nie net bekend as virtuoos kitaarspeler nie, maar as gevestigde komponis en vervaardiger.
Gebore met sy ring en middelvinger op beide hande aan mekaar vasgeheg, moes Loki as kleuter meer as 20 operasies ondergaan om die kondisie te herstel – wat sy kitaartalent soveel meer merkwaardig maak.
Behalwe vir sy eie gewilde werk soos “Ek Mis Jou Ook”, “Sit Vas Op Jou”, en “Op My Eie”, skyf en vervaardig Loki ook gereeld vir ander kunstenaars. Die nuwe Jack Parow album “Die Evangelie Van Goeie Tye” is deur Loki help skryf, opgeneem, vervaardig, en gemeng – alles vanuit sy nuwe studio; Rothman Records.
Hy komponeer ook klankbane vir reekse en films. Straat, Fraksie, Trompoppie, Jou Romeo, Thys en Trix, Stiekyt – om maar net n paar te noem.
Die Boer in Durbanville op 21, 22 Mei om 20h30. Kaartjies kos R220 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com